# Die sterretjie TOTIUS (Dr. J. D. DU TOIT) · Afrikaans · Poem Rights: Public-domain text ## Slim opsomming — Hierdie teks jou weer te sien skitter ### Hoofgesprekspunte - doen my harte so goed! - ek was bang dat die ryp - En kom my nog teë - maar jy bly, ongesien, nog skitter daarbo Kernsinne uit hierdie teks gekies · vanlyn beskikbaar ## Leesteks Goei nawend my sterretjie met jou vrindelike groet; jou weer te sien skitter doen my harte so goed! Ek staan net maar op van my lampe-liggie, en daar kyk ek verras in jou kindergesiggie. My kleintjies lê binne in hul droompies al: ek was bang dat die ryp in hul ogies sou val. Met wangetjies rond lê die slapende bloedjies glimlaggend te droom van hul spelegoedjies. En jy speel maar hierbuite in die winternag! En kom my nog teë met jou olike lag! Jy weet van geen nag, geen koue of vrese,- klein ligtende, laggende, klein hemelse wese! Jy speel in die nag om die aard te verbly; in my donkere berowing kom jy laggend tot my. En is dit my netnou hierbuite te koud, dan vlug ek geswind weer na binne; maar jy bly, ongesien, nog skitter daarbo aan die hoë, hemelse tinne! Source: https://www.gutenberg.org/ebooks/42302 Text edition: https://www.gutenberg.org/ebooks/42302