leesmaat.Library
Dis al source-edition cover

Poem · Afrikaans

Dis al

JAN F. E. CELLIERS · 1922 · Intermediate · 1 min

Read in Leesmaat

Public-domain text. Complete text from the attributed source edition.

Dis die blond, dis die blou: dis die veld, dis die lug; en ’n voël draai bowe in éensame vlug— dis al.

Dis ’n balling, gekom oor die oseaan, dis ’n graf in die gras, dis ’n vallende traan— dis al.